Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) gewaarsku dat ‘n hewige tropiese storm, genaamd Dikeledi, aan die kus van Madagaskar bespeur is. Die storm is tans noordoos van Madagaskar geleë met winde van gemiddeld 89 kilometer per uur.
Volgens die SAWD is Suid-Afrika steeds buite gevaar aangesien dit verder oos van die land is.
Stormjaer, Juandre Vorster, ook bekend as The Weather Hooligan het aan Briefly News gesê die storm het ‘n paar dae gelede in die Indiese Oseaan begin.
Dikeledi het ‘n skielike wending in die Mosambiekse kanaal geneem.
Hy voeg by dat weer onvoorspelbaar is en dat daar gehoop word die dat sikloon Suid-Afrika nie gaan tref nie, aangesien KwaZulu-Natal se infrastruktuur nie vir nog ‘n aanslag gereed is nie.