Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het kommentaar gelewer oor die huidige beurtkrag-krisis. Hy het die naweek op die kantlyn van die party se Lekgotla gepraat. Mbalula sê hul doelwit is om die stadiums van beurtkrag te verminder tot minstens fase 2.