Die sekretarisgeneraal van die ANC, Ace Magashule, moet vandag weer voor die party se Integriteitskomitee verskyn

Die sekretarisgeneraal van die ANC, Ace Magashule, moet vandag weer voor die party se Integriteitskomitee verskyn. Dit hou onder andere verband met die kwessie dat hy van sy pos afstand moet doen ingevolge ‘n resolusie wat die ANC onderteken het weens aanklagte teen hom. Magashule het verlede maand in die hof op Bloemfontein die Vrystaat verskyn op 21 aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery wat verband hou met sy ampstermyn as Vrystaatse premier. Magashule is egter vasbeslote dat hy nie van sy pos sal afstand doen nie en sê hy glo dat hy die regte besluit geneem het om voor die Integriteitskomitee te verskyn.

Luister na potgooie hieronder