Die burgerorganisasie AfriForum het vroeër die week die laaste leier van Thaba’Nchu in die Vrystaat, Kgosi Tshipinare, vereer met die onthulling van ʼn nuwe grafsteen. Dit was te midde van die Barolong Boo Seleka-koninkryk se herdenking van sy dood 140 jaar gelede op 10 Julie 1884.

Die hoof van Interkulturele Verhoudings en Samewerking by AfriForum, Barend Uys, sê die oprigting van die grafsteen is as ʼn gesamentlike erfenisprojek tussen AfriForum en die plaaslike gemeenskap onderneem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×