Die Sentrale Universiteit vir Tegnologie, of SUT, in Bloemfontein het vandeesweek sy eerste vroue visekanselier en -rektor verwelkom.

Maroela Media berig die aanstelling van professor Pamela Dube kom nadat die pos vir byna twee jaar vakant was.

Dube het gesê sy sien die aanstelling as die begin van ʼn nuwe dagbreek.

Voordat Dube by die SUT aangesluit het, was sy onder meer ʼn adjunk-visekanselier van studenteontwikkeling en ondersteuning by die Universiteit van die Wes-Kaap.

Sy het haar MA- en PhD-studie in vergelykende literatuur en media aan die Universiteit van Siegen in Duitsland voltooi en daar gewerk nadat sy aan die Universiteit van KwaZulu-Natal gegradueer het.

Matthew Rantso, voorsitter van die SUT se raad het gesê die universiteit is in goeie hande en is in ʼn beter posisie as ooit tevore.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×