Die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming sê Suid-Afrika het een van die onderwysstelsels geword wat die swakste ter wêreld presteer. Volgens die sentrum se uitvoerende direkteur, Ann Bernstein, staar die land ‘n stille krisis in die gesig wat deur onbevoegdheid en korrupsie geteister word. Die sentrum vra vir die verwydering van die minister van Basiese Onderwys en ‘n totale hervorming in programme om die gehalte van onderrig te verbeter. Bernstein sê die sentrum het in 2021 bevind dat meer as 50% van Graad een leerlinge nie al die letters in die alfabet ken nie. Navorsing het ook bevind dat vier uit vyf onderwysers in openbare skole nie die kennis of pedagogiese vaardighede het om kinders te leer nie. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×