Die sesde Parlement het amptelik gesluit, vyf jaar sedert sy lede ingehuldig is.

Die Parlement sal in beheer bly tot die vooraand van die verkiesing volgende week. ‘n Parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê lede sal vir dringende vergaderings geroep word indien nodig.

Die termyn is gekenmerk deur belangrike gebeurtenisse, insluitend die Covid-19-pandemie, ‘n vernietigende brand en staat van beskuldigings.

Die voormalige speaker, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het net voor haar verwagte aftrede, bedank om haar teen aanklagte van korrupsie van meer as twee-miljoen-rand te verdedig. Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, is ook verwyder.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×