Die Sharks het hul hoofingangshek op Kings Park vernoem na die voormalige afrigter, Ian McIntosh

Die Sharks het hul hoofingangshek op Kings Park vernoem na die voormalige afrigter, Ian McIntosh.

McIntosh het Natal in 1990 tot sy eerste Curriebeker-titel ooit gelei toe die KwaZulu-Natalse span Noord-Transvaal in die eindstryd met 18-12 op Loftus Versfeld verstom het.

Natal het ook die Curriebeker in 1992, 1995 en 1996 onder McIntosh se leiding gewen.

Die seremonie is Woensdag gehou en was bygewoon deur ‘n aantal voormalige Sharks-legendes, soos Gary Teichmann, John Allan, Joel Stransky, Andre Joubert, Dick Muir en Wayne Fyvie.

Luister na potgooie hieronder