Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika, of Prasa, het gesê sy Shosholoza Meyl-treindiens tussen Kaapstad, Johannesburg en Durban sal hierdie maand hervat word. Die eerste rit tussen Johannesburg en Durban wat Vrydag plaasvind, is reeds 50% vol bespreek. Die woordvoerder van Prasa, Andile Makada het aan SABC Nuus gesê die langafstandtreindiens was vir twee jaar buite werking weens netwerk-infrastruktuur- en bedryfsuitdagings. Prasa het gesê dit het sedertdien vordering gemaak met die herbou van sy spoorweginfrastruktuur. Makada het gesê die heropening van die roete sal veral arm mense help om ook lang-afstande te reis. Die Shosholoza Meyl-treindienste sal een keer per week loop voordat die frekwensie van die diens verhoog word.