Die sikloon Eloise rig heelwat skade aan in Mosambiek

Daar word  berig uit Mosambiek dat die sikloon Eloise heelwat skade aangerig en oorstromings veroorsaak het in die hawestad Beira. Eloise het Mosambiek Vrydag in die vroeë oggendure getref met sterk winde van tot 160 kilometer per uur. Nadat die windsterkte afgeneem het,is dit afgegradeer na ‘n tropiese storm.Volgens die president van Mosambiek se Nasionale Instituut vir Rampbestuur, Luisa Meque, sê dit is nog te vroeg om die omvang van die skade te bepaal. 

Foto’s wat op sosiale media sirkuleer wys motors wat onder water is, mure wat ingetuimel het en oorstroomde landbougrond. Owerhede sê die Sofala-provinsie wat Beira insluit, het reeds meer as 200 milimeter reën ontvang en nog 100 milimeter word in die volgende 24 uur verwag. Die Weerburo het intussen gewaarsku dat wydverspreide swaar reën en oorstromings in KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga verwag kan word. 

Luister na potgooie hieronder