Die Bloemfontein-kinderkoor is gereed om hulle eerste openbare konsert te lewer nadat planne vroeg in 2020 weens die Covid-19-pandemie gestaak moes word.

Netwerk24 berig die Bloemfontein-kinderkoor se konsert, getiteld New Horizons, spreek boekdele as in ag geneem word dat die koor ‘n nuwe era tegemoetgaan met Werner Stander wat vroeg in 2020 aangestel is as Huibrie Verster se opvolger.

Verster het die koor vir 33 jaar gelei nadat sy die koor in 1987 gestig het.

Stander sê sy doelwit is om gehalte-koorsang vir gehore te bring.

New Horizons vind plaas op 28 Mei om 7-uur die aand en ook weer die 29ste Mei om 4-uur die middag by die Anglikaanse katedraal in St. Georgestraat.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×