Sitrusboere beweer dat sekere lande binne die EU die swam as verskoning gebruik om bloot sitrusvragte vanaf Suid-Afrika te verwerp. Die sitrusverbouersvereniging het om die rede ʼn beroep op president Cyril Ramaphosa gedoen om ʼn dispuut by die Europese Unie te verklaar. Dit hou verband met reëls oor die swam bekend as sitrus-swartvlek. Die reëls by die EU om die swam te beveg kos die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf miljarde rand per jaar.  Die spesiale gesant van die sitrusbouervereniging, Deon Joubert, het aan SAUK nuus gesê die EU se hantering van hierdie kwessie word verkeerd hanteer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×