Die 8-jarige tierwyfie, Sheba, wat sedert Saterdagaand in die verre suide van Johannesburg op vrye voet was, is vroeg gisteroggend doodgeskiet.

As daar iets goed uit dié tragedie kan kom, sê Liné Risa van die Love Lions Alive-diereskuiling, sal dit wees dat wetgewing in Suid-Afrika verander.

Netwerk24 berig om ‘n tier, of enige ander eksotiese dier, in die land aan te hou is nie onwettig nie.

Sheba is van welpie-tyd af hans grootgemaak en het die naweek uit haar kamp ontsnap nadat omheingsdrade blykbaar geknip is.

Die Dierebeskermingsvereniging, of DBV, van Vereeniging was by die soektog betrokke en het reg gestaan met ‘n helikopter, ‘n veearts en ‘n geweer wat verdowingspyltjies skiet.

Die DBV was nie teenwoordig toe Sheba doodgeskiet is nie.

Volgens die DBV is hierdie voorval net nog ‘n bewys waarom wilde diere nie as troeteldiere aangehou behoort te word nie.

Sedert haar ontsnapping het Sheba ‘n 39-jarige man, ‘n vark en twee honde aangeval.

Albei honde moes van kant gemaak word.

Die man sal na verwagting ten volle herstel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×