Onderwys in die Vrystaat is ‘n absolute tragedie. Dit is die reaksie op die nuus dat bykans 40% van die gr. 10’s in die provinsie verlede jaar gedruip het. Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het luidens Volksblad tydens ‘n radio-onderhoud gesê hoewel die Vrystaat verlede jaar weer die hoogste matriekslaagsyfer in die land gehad het, is daar groot kommer oor die slaagsyfers van ander grade in die provinsie. Sowat 40% van die gr. 10’s en sowat 26% van die gr. 8’s in die Vrystaat het verlede jaar gedruip. Woordvoerder van die Vrystaatse onderwysdepartement, Howard Ndaba, het volgens News24 gesê leerlinge het onderrig-agterstande weens die inperkings vir die Covid-19-pandemie in 2020. Hy sê dit veroorsaak dat hulle ‘n gebrek aan die grondslag-vaardighede vir tale en wiskunde het.