Die skrikwekkende aanvalle wat met ‘n gebarste band begin weens ysterpenne op die land se paaie word al hoe meer. Rowers sit die skerpgemaakte penne, vasgesolder aan ‘n plaat en versteek in ‘n swartsak, op die pad. In van die aanvalle word ‘n pad met klippe versper. Die motoriste wat stilhou, word dan beroof, vermoor of verkrag.

Jean Jonker van die Boschkop GPF, het aan Netwerk 24 vertel die rowers skuif rond maar sekere roetes veral die N4, die N1 duskant Hammanskraal en die R80 Mabopane pad is berug vir die misdade. JP von Benicke van die Gautengse nooddienste, het gesê ambulanse loop ook tydens die aanvalle deur. ‘n Woordvoerder van die GAC-veiligheidsdienste, Juan du Plessis, het gesê die geweld op paaie raak onmenslik wreedaardig en het motoriste aangeraai om nie te stop nie maar met ‘n pap band aan te hou ry na veiligheid.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×