Dat politieke partye groot skenkings kan ontvang sonder om dit te verklaar, is ‘n skuiwergat wat toegestop gaan word.
Thoko Didiza, speaker van die Nasionale Vergadering, sê planne is reeds beraam om dit stop te sit.
Die hooggeregshof in Kaapstad het bevind daar is ‘n leemte rakende finansiering van politieke partye in die Wysigingswet op Kiesaangeleenthede. Die My Vote Counts-drukgroep, wat die saak voor die hof gebring het, sê die nie-verklaring van skenkings kan sekere partye of kandidate onregverdig bevoordeel.