Inwoners van Smithfield in die Vrystaat moes die naweek help om te red wat te redde is, toe groot dele van ‘n skool hier, in ‘n brand verwoes is.
‘n Woordvoerder van die Vrystaatse onderwysdepartement het aan Netwerk24 gesê die brand het baie vroeg Saterdagoggend by die Relebogile Jabula Combined School uitgebreek.
Boere van die omgewing, sakemanne en inwoners het gehelp om die brand te blus.
Met die matriekeksamen om die draai, gaan daar planne vir die oprig van tydelike klaskamers beraam word, om ontwrigting te beperk.
Die oorsaak van die brand word ondersoek.