Die Amerikaanse student wat Saterdag as vermis aangemeld is, se liggaam is Sondag op Duiwelspiek, in Kaapstad gevind.
Maroela Media berig Brook Cheuvront (20) het vermoedelik na haar dood geval nadat sy Saterdag op Duiwelspiek gaan stap het. Haar familie in die VSA het bekommerd geraak nadat sy nie haar selfoon beantwoord of huis toe gekeer het nie en is by die polisie as vermis aangemeld.
Haar liggaam is in ‘n gebied wat deel van Duiwelspiek is gevind en met ‘n EMS-helikoper na onder gebring. Ons is verpletter het haar pa, Sondag uit die VSA op sosiale media geskryf nadat haar liggaam op die berg gevind is. ’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen.