Terwyl die veelsydige kunstenaar en leier in die Vrystaatse kuns- en kultuurwêreld, Pesa Pheko, sedert 10 Julie vermis is, verskyn twee verdagtes vandag in die Bloemfontein-landdroshof in verband daarmee.

Die polisie het ’n deurbraak gemaak deur twee verdagtes in hegtenis te neem vir moontlike sameswering om moord te pleeg.

Nuusflits berig dat een van die verdagtes Pheko se vrou is.

Pheko se familie het hom laas gesien toe hy met openbare vervoer vanaf Botshabelo na Bloemfontein gereis het vir ’n hospitaalafspraak.

Hy het nooit weer huis toe teruggekeer nie.

Sy familie het hom by die Botshabelo-polisiekantoor as vermis aangemeld, maar die daaropvolgende soektog was tot dusver onsuksesvol.

Die verdagtes sal Woensdag 4 Desember in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×