Die Soetdoring-reservaat buite Bloemfontein is al ‘n geruime tyd gesluit vir besoekers terwyl opknappingswerk gedoen word het die woordvoerder van die departement van omgewingsake, Mojalefa Mphapang, aan Netwerk 24 gesê. Mphapang het gesê hy kan nie presies sê watter opknappingswerk gedoen word nie. Hy het gesê daar is steeds wild maar die leeus is van kant gemaak weens hul ouderdom. Daar is ook nie meer jagluiperds en ander roofdiere nie. Dagbesoekers word nog aan die kant van die Krugersdriftdam toegelaat om te hengel en piekniek te hou. Mlungisi Maqubela, woordvoerder van die departement openbare werke, het gesê hulle is nie betrokke met projekte by Soetdoring nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×