Die departement van binnelandse sake berig hul sogenaamde Bomb Squad het aansienlike vordering gemaak om die langdurige visum-agterstand aan te pak.
Eyewitness News berig die Bomb Squad, ‘n span toegewyde amptenare, het onvermoeid gewerk om ‘n dekade-oue agterstand van meer die 300 000 visumaansoeke in te haal.
Die Minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê die sukses van die Bomb Squad demonstreer die departement se verbintenis tot vooruitgang en sy potensiaal om vertroue te herstel.
Hy voeg by danksy die span se toewyding het hulle nie net die agterstand ingehaal nie, maar ook die waardigheid van talle individue en gesinne herstel.