Familielede van die Gold One-mynwerkers wat sedert Sondag onder in die myn is, het vandag by die myn in Springs aan die Oos-Rand saamgedrom.

Mynbestuur voer aan dat 41 lede van die Association of Mineworkers and Construction Union, of Amcu, na bewering meer as 500 lede van die National Union of Mineworkers, of Num, onder in die myn gyselaar hou.

Sowetan berig egter kollegas van diegene wat onder in die myn is, sê dit is ‘n protes-aksie, omdat die myn Amcu skynbaar nie as meerderheidsvakbond wil erken nie.

Hulle meen die mense is vrywillig daar, en dat niemand hulle gyselaar hou nie.

Die National Union of Mineworkers – die enigste erkende vakbond by die myn – beweer egter die mynwerkers word teen hul wil aangehou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×