Dit het 35 menselewens en minstens 60 beseerdes oor die afgelope 10 maande gekos, voordat daar eindelik gehoor gegee is aan noodkrete vir die herstel van die
R30-pad buite Allanridge in die Vrystaat.

Hoewel Vrystaat Landbou die aanstelling van kontrakteurs, om die pad te herstel verwelkom het, het hy gesê die regering moes lankal reeds ingegryp het.

Volksblad berig Uys van Heerden, voorsitter van die Allanridge boerevereniging, het gesê ‘n kontrakteur is ook aangestel om die verkeer by die waterpan te reguleer.

Die kontrakteur moet ‘n stop-en-ry-stelsel bedryf om te verhoed dat mense oor die grondpad jaag.

Die water het in Januarie vanjaar reeds oor die pad gestoot.

Die pad was met tye gesluit, maar mense het steeds onwettig van die pad gebruik gemaak.

Gedurende Februarie en Maart alleen, is 17 mense hier dood.

Meestal weens verdrinking.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×