Dit wil voorkom asof die somer homself vanjaar vroeg reeds in die Vrystaat en Noord-Kaap kom tuis maak. Temperature van tussen 30 en 38 grade word in gedeeltes van dié twee provinsies verwag. Netwerk24 berig volgens die Bloemfonteinse weerkantoor is daar baie minder weerstelsels wat kouefronte kan bring. Sekere gedeeltes van die Suid-Vrystaat en die Noord-Kaap kan geïsoleerde donderstorms aan die begin van die week verwag, maar dit sal nie ‘n daling in temperatuur veroorsaak nie. Die reënweer word vir agtermiddae en gedurende die nag voorspel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×