Om die agteruitgang van die noodsaaklike sorghum-landbousektor te stop vra die boerevereniging, Graan SA, die minsister van finansies, Enoch Godongwana, om die belasting op toegevoegde waarde (BTW) van sorghumprodukte te verwyder.
The Citizen berig volgens Graan SA se senior ekonoom, Corne Louw, sal dit ook help om die plaaslike ekonomiese ontwikkeling te ondersteun en om voedselsekerheid te verbeter.
Hy voeg by die 15% BTW wat op die produkte gehef word, maak sorghum minder mededingend in vergelyking met ander stapelprodukte en verminder verbruikerskeuses, veral vir armer huishoudings.
Luidens die Sorghum Trust word sorghum hoofsaaklik in die droër dele van die Wes-Vrystaat, Noordwes-Provinsie en die Noordelike Provinsie geproduseer.