Die liggaam van ‘n 33-jarige man is gistermiddag uit die see by Voëlklipbaai gehaal na die soveelste motor die afgelope paar jaar oor die hange gestort het. Die man het glo Woensdagaand oor die hoë krans na sy dood gery. Maroela Media berig ‘n inwoner van die omgewing het gesien hoe die man oor die afgrond is maar kon nie sien of daar nog iemand in die motor was nie. ‘n Polisie woordvoerder, sersant Chris Spies, het gesê die George polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen. Verskeie mense het al oor die jare oor die afgrond by Voëlklip gery, waaronder twee gevalle vanjaar in Januarie en Junie. Dit is ook hier waar Heidi Scheepers en haar twee jong kinders, Cozette en Hugo in 2019 dood is toe hulle Volkswagen Caravelle oor die afgrond gery het. Daar is in 2019 paaltjies aangebring naby die afgrond om mense te keer om oor die afgrond te ry.
