Die span wetenskaplikes van die WHO sal vandag ‘n mediakonferensie hou

 Die span wetenskaplikes van die WHO sal vandag ‘n mediakonferensie hou

Die span wetenskaplikes van die Wêreldgesondheidsorganisasie wat in Wuhan in Sjina is om die oorsprong van Covid-19 te ondersoek, sal vandag vir die eerste keer in bykans ‘n maand ‘n mediakonferensie hou.

Die organisasie sê daar sal terugvoering gegee word oor vergaderings en besoeke aan plekke van belang.

Sjinese kenners wat by die ondersoek betrek word sal ook teenwoordig wees.

Hulle het onder meer die Huanan seekosmark besoek waar die eerste groepinfeksies voorgekom het.

Die span sê dit sal waarskynlik jare neem voordat die oorsprong van Covid 19 ten volle begryp word.

LeandreAdmin@