Terwyl die EFF dreig om vanaand president Cyril Ramaphosa se staatsrede met protesaksie te ontwrig, het die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, laat blyk dat sy nie in die nag hieroor wakker gelê het nie.
Die EFF het reeds in die verlede daarin geslaag om die staatsrede te ontwrig, maar sy het gister aan die media gesê sy is nie bekommerd hieroor nie.
Die EFF-leier, Julius Malema, het Sondag aan ondersteuners in die Vrystaat gesê die party sal nié toelaat dat Ramaphosa die nasie vandag vreedsaam toespreek nie.
Volgens hom het die president die land se Grondwet “in ‘n puttoilet gegooi”.
Die staatsrede word vanaand vir die tweede agtereenvolgende jaar in die Kaapstadse stadsaal gehou, aangesien groot dele van die parlement in Januarie 2022 in ‘n
brand verwoes is.
Die verrigtinge begin vanaand om sewe.