Die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nkqakula, het tot volgende week om te reageer op bewerings van ʼn 70-persent salarisverhoging van die parlement se sekretaris, Xolile George.

Die speaker staar verskeie bewerings van bestuursoortredings in die gesig oor George se salarispakket. George se jaarlikse pakket het sedert sy aanstelling in Junie 2022 van twee-komma-ses miljoen tot vier-komma-vier miljoen rand gestyg. Die DA het die aangeleentheid by die Magte- en Voorregtekomitee aangemeld om ondersoek in te stel.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×