Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het gesê advokaat Busisiwe Mkhwebane, moet ophou om haar naam in die media sleg te maak.

Mapisa-Nqakula meen die stellings wat Mkhwebane, geskorste Openbare Beskermer, oor haar maak, is “vals en kwaadwillig”.

Op haar beurt hou Mkhwebane vol dat die Speaker bewerings van omkopery onder lede van die parlement, wat sy uitgelig het, as nietig afgemaak het.

Volgens Mkhwebane het die Speaker ook haar versoek vir ‘n vertroulike vergadering geïgnoreer.

Mapisa-Nqakula het ‘n baie ernstige en dringende beroep op Mkhwebane gedoen om op te hou om haar in die media aan te val.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×