Die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Maphisa-Nqakula, het gesê enigiemand wat die bevindings en aanbevelings van die finale Zondo-verslag na staatskaping wil betwis, moet dit in die hof doen.

Sy het die leier van die UDM, generaal Bantu Holomisa, aangesê om die regstelsel te gebruik om sy bewerings dat getuienis voor die Zondo-kommissie vermis word, te toets.

Rosestad 100.6FM-nuus het vroeër berig Holomisa het Maphisa-Nqakula gevra om ’n afgetrede regter aan te stel om die volledigheid van die verslag na te gaan.

Holomisa beweer die UDM het bewyse van staatskaping aan die kommissie verskaf.

Hy het gesê dit lyk egter vir hom asof dié belangrike bewyse en inligting dalk met opset geïgnoreer of uit die verslag weggelaat is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×