Die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, gaan haarself glo Vrydag aan die polisie oorgee. The Mail and Guardian berig Mapisa Nqakula gaan in hegtenis geneem word oor bewerings van korrupsie en geldwassery van vier-miljoen-rand tydens haar tyd as minister van verdediging en militêre veterane.

Die DA-hoofsweep, Siviwe Gwarube, het in reaksie op die berig gesê die party is verheug dat die Nasionale Vervolgingsgesag, of NVG, en die Valke sonder vrees of guns begin optree. Gwarube het gesê dit versterk die party se oproep vir die speaker om onmiddellik uit te tree. Versuim om dit te doen, sal die parlement in oneer bring. Die NVG se ondersoek-eenheid het Dinsdag ‘n klopjag op Mapisa Nqakula se huis in Johannesburg uitgevoer.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×