Die sperdatum vir die hernuwing van rybewyse verval binnekort

Die Padverkeerbestuurskorporasie het motoriste gewaarsku dat die sperdatum vir die hernuwing van rybewyse, wat tussen 26 Maart en 31 Desember verlede jaar verstryk het, binnekort verval.

Dié uitstel was gevolg deur ‘n verdere uitstel, deur die minister van Vervoer, tot einde Augustus.

Die verlenging is van toepassing op leerlingrybewyse, rybewyskaarte, tydelike rybewyse en professionele rybewyse.

Intussen het die Departement van Vervoer ‘n forensiese ondersoek van stapel gestuur om probleme met die aanlynbesprekingstelsel, waarby korrupsie en sindikate vermoedelik betrokke is, te ondersoek.

Luister na potgooie hieronder