Die Spesiale Ondersoek-eenheid ontken berigte oor ‘n voorlegging aan President Cyril Ramaphosa

 Die Spesiale Ondersoek-eenheid ontken berigte oor ‘n voorlegging aan President Cyril Ramaphosa

Die Spesiale Ondersoek-eenheid het mediaberigte ontken dat hy verlede maand ‘n voorlegging aan President Cyril Ramaphosa gemaak het oor sy ondersoek na Covid-19 korrupsie en wanadministrasie. Luidens ‘n verklaring van die SOE is hy bekommerd oor die media se aanhaling van sogenaamde uitgelekte ondersoekverslae. Die SOE sê verder dat die uitlek van verslae, voordat dit voltooi is, kan ondersoeke onder verdenking plaas.

Gerdie Karstens