Die Spesiale Ondersoekeenheid, of SOE, het ‘n bewaringsbevel verkry om bates van ‘n voormalige Eskom-bestuurder, haar man en hul twee kinders te bevries.

Die SOE het sy optrede teen een van Eskom se voormalige bestuurders, Duduzile Moyo en haar man, Mmoloki Moyo, aangekondig.

Sy het na bewering byna R25 miljoen van ‘n Eskom-verskaffer verhaal, wat aangestel is om grondstowwe en water van Kendal-kragstasie na Kusile-kragstasie te vervoer.

Rosestad 100.6FM-nuus het vroeër berig die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, Matshela Koko, sy vrou en sy stiefdogter is einde Oktober op aanklagte van korrupsie in hegtenis geneem.

Hulle inhegtenisneming hou skynbaar verband met ‘n multimiljardrand-kontrak wat Eskom in 2015 met die Switserse ingenieursmaatskappy aangegaan het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×