President Cyril Ramaphosa het die Spesiale Ondersoekeenheid toestemming gegee om korrupsie en wanadministrasie by die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap te ondersoek. Die eenheid gaan vier dienskontrakte, asook die toekenning van honneursgrade by Fort Hare onder die vergrootglas neem. Daar is verlede jaar reeds dreigemente gemaak teen die leierskap by die universiteit.  Die instelling se vlootbestuurder, Petrus Roets, is in Mei vanjaar in sy motor doodgeskiet. Die waarnemende vise-kansellier, Renuka Vithal, sê daar sal opgetree word teen almal wat by wanpraktyke betrek word.  Die universiteit het intussen gesê hy sal nie afgeskrik word deur dreigemente teen sy personeel te midde van korrupsieondersoeke nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×