Die Spesiale Ondersoekeenheid het ‘n aansoek gebring vir die hersiening en tersydestelling van vier Transnet kontrakte

Die Spesiale Ondersoekeenheid het ‘n aansoek in die Hooggeregshof gebring vir die hersiening en tersydestelling van vier kontrakte wat Transnet in 2014 gesluit het om 1 064 lokomotiewe aan te koop.

Luidens berigte is die kontrakte ter waarde van R54,4 miljard.

Hierdie kontrakte is ook een van die grootste enkele kooptransaksies ooit deur Transnet.

Die kontrakte is aangegaan met die Bombardier Transportation maatskappy, China South Rail asook China North Rail en General Electic South Africa Technologies.

Luister na potgooie hieronder