Die Spesiale Tribunaal sal vandag en môre ‘n virtuele hersieningsaansoek aanhoor oor kontrakte vir persoonlike beskermende toerusting in die Vrystaat

Die Spesiale Tribunaal sal vandag en môre ‘n virtuele hersieningsaansoek aanhoor oor kontrakte vir persoonlike beskermende toerusting in die Vrystaat.

Die LUR’e van die provinsiale Tesourie asook van Gesondheid, is onderskeidelik die eerste en tweede respondente.

Dit kom nadat die departement van Gesondheid chirurgiese maskers ten bedrae van R39,1-miljoen, wat nie aan standaarde voldoen nie, aangeskaf het vir ‘n aantal diensverskaffers.

Luidens berigte wil die Spesiale Ondersoekeenheid ‘n bevel bekom dat die kontrak hersien en ter syde gestel word en dat die provinsiale Tesourie nie enige verdere betalings doen nie.

Luister na potgooie hieronder