Aan die hand van die jongste inligting, was die brand ‘n kort rukkie gelede onder beheer. Dit is moontlik gemaak deur uitstekende samewerking tussen die brandweer, spanne van Working on Fire en ander rolspelers.

Hoewel die brand onder beheer is, bly die situasie egter uiters gevaarlik, met sterk wind en rukwinde wat daartoe kan lei dat die brand weer opvlam. Die oorsaak van die brand wat na twaalf vanmiddag ontstaan het, is in hierdie stadium onbekend. Mense word steeds aangeraai om die omgewing liefs te vermy.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×