Die toenemende vastrapplek van Kunsmatige Intelligensie, of K-I, op die ganse mensdom, het oënskynlik selfs die Collins-woordeboek in sy greep.
Navorsing toon daar was vanjaar ‘n reuse toename in gesprekke en debatte oor die voor-en nadele van “Artificial Intelligence,”, of “A-I”.
Hierdie drastiese toename dra daartoe by dat die afkorting van die term, as Collins se woord van die jaar vir 2023 gekies is.
Volgens die uitgewer het die spreektaal-gebruik van die afkorting, “A-I”, die afgelope jaar met ‘n astronomiese 400% toegeneem.