Die Springbok afrigters en bestuurspan gaan begin met die span en spelers se voorbereiding

 Die Springbok afrigters en bestuurspan gaan begin met die span en spelers se voorbereiding

Die Springbok afrigters en bestuurspan gaan binne die volgende week of twee begin met die span en spelers se voorbereiding vir die besige toetsrugby-seisoen wat voorlê.

Dit behels voorbereidingskampe om spelers reg te kry vir hulle terugkeer na internassionale rugby.

Volgens Times Live gaan die direkteur van Rugby, Rassie Erasmus en hoofafrigter Jaques Nienaber hulle planne hierdie week al uitrol aan van die groter unies.

Oefenkampe sal ook gehou word waaraan Suid-Afrikaanse spelers wat in Europa en Japan speel gaan deelneem.

Die komende seisoen bestaan uit die Britse -en- Ierse-Leeus toer, die Rugbykampioenskap, en die jaareind toer na Europa.

Die Springbokke het nog nie enige toetsrugby gespeel sedert die wereldbeker-eindstryd in 2019 nie.

LeandreAdmin@