Die Springbokke hoop om hul toetsreeks teen die Britse en Ierse Leeus voor toeskouers te speel

Die Springbokke hoop om hul toetsreeks teen die Britse en Ierse Leeus voor toeskouers te speel maar volgens die afrigter Jacques Nienaber kan dit nie gebeur as mense se veiligheid in gedrang gaan kom nie.

Hy het bygevoeg dat hulle baie graag ondersteuners in die stadions wil hê want dit is die rede hoekom diè spel gespeel word.

Die spelers put energie uit die skares en is daar om mense te vermaak.

Suid – Afrika gaan gebuk onder ‘n derde vlaag van koronavirusinfeksies met Gauteng, waar twee van die drie toetse gespeel gaan word, midde in die storm.

Die Suid – Afrikaanse Rugbyunie is desperaat vir toeskouer getalle om sy inkomste aan te vul.

Mark Alexander, president van SARU, het in Maart reeds gewaarsku oor die ernstige implikasies vir Suid-Afrikaanse rugby indien die reeks voor leë stadions gaan plaasvind.

Luister na potgooie hieronder