Die Springbokke sal die verdediging van die Webb Ellisbeker-kroon begin in 2023 in Frankryk

Die Springbokke sal die verdediging van die Webb Ellisbeker-kroon in Poel B teen Ierland en Skotland begin wanneer die volgende Wêreldbeker-rugbytoernooi in 2023 in Frankryk begin.
Die loot-trekking is Maandag in Parys voltooi en regoor die wêreld regstreeks uitgesaai met alle spanne wat vitueel deelgeneem het.
Die Springbokke is nog nooit in ‘n Wêreldbeker-poel met Ierland geloot nie en sal ‘n trotse geskiedenis verdedig, aangesien hulle slegs drie poelwedstryde in sewe toernooie verloor het, teen Engeland (2003), Japan (2015) en Nieu-Seeland (2019).
Die Bokke was al twee keer in in dieselfde poel as Skotland.
Sedert hul eerste RWC-deelname in 1995, het die Springbokke 43 Wêreldbeker-wedstryde gespeel, 36 gewen en sewe verloor.
Daardie wen-telling, waaronder drie Wêreldbeker-eindstryde geld, gee die Springbokke ‘n indrukwekkende
wenpersentasie van 83,72%.

Luister na potgooie hieronder