Die Springbokke se direkteur van afrigting, Rassie Erasmus, werk saam met die Vrystaat-Cheetahs

Die Springbokke se direkteur van afrigting, Rassie Erasmus, werk saam met die Vrystaat-Cheetahs om seker te maak die span het ‘n heenkome buite die Pro16-reeks wat gewig sal dra.
Netwerk24 berig Erasmus het vandeesweek onthul dat daar dalk selfs ’n roete na ’n Europese kompetisie vir Suid-Afrika se uitgeworpenes kan wees.
Erasmus het op ‘n nuuskonferensie aanlyn onthul dat hy saam met Harold Verster (besturende direkteur van die Cheetahs), Ryno Opperman (voorsitter van die Vrystaat-Cheetahs se direksie), Hawies Fourie (Cheetahs-afrigter) en Yusuf Jackson (Saru-beampte) koppe bymekaar sit om die Cheetahs in ’n interkontinentale-bekerkompetisie te kry.
Dit kan insluit dat die Cheetahs in die Europese Uitdaagbeker-reeks, wat ’n taai kompetisie is, kan speel sou hulle in die Interkontinentale Beker-reeks goed vaar.

Luister na potgooie hieronder