Dokter Nandipha Magudumana, vriendin van die veroordeelde moordenaar en verkragter, Thabo Bester, het gister heftige teenkanting oor haar borgtogaansoek in die Bloemfonteinse landdroshof gekry.

Die staat gooi wal, omdat Magudumana onder meer van ‘n skedule 5-oortreding aangekla word.

Magudumana en 12 ander beskuldigdes staan ​​tereg op verskeie aanklagte wat verband hou met die veroordeelde verkragter en moordenaar, Thabo Bester, se ontsnapping. Bester het in Mei verlede jaar uit ‘n tronk in Mangaung ontsnap.

Hy is saam met Magudumana in Tanzanië vasgetrek en na Suid-Afrika gebring.

Intussen is daar is nou ook verskeie nuwe bedrogsake teen haar, ten bedrae van meer as R20-miljoen.

Magudumana se aansoek om borgtog hervat vandag vir die aanhoor van betoë in die landdroshof in Bloemfontein.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×