Die staat sal na verwagting sy kruisondervraging van die dubbele moordverdagte, Rameez Patel vanmiddag in die Hooggeregshof in Limpopo afsluit

 Die staat sal na verwagting sy kruisondervraging van die dubbele moordverdagte, Rameez Patel vanmiddag in die Hooggeregshof in Limpopo afsluit

Die staat sal na verwagting sy kruisondervraging van die dubbele moordverdagte, Rameez Patel vanmiddag in die Hooggeregshof in Limpopo afsluit.

Patel het na bewering in 2015 sy vrou, Fatima, vermoor.

Hy word ook aangekla van die moord op sy ma in September van dieselfde jaar.

Sy ma was glo gereed om teen hom te getuig.

Daar was gister ook ‘n argument tussen regter Joseph Raulinga en Patel se regsverteenwoordiger, Meshack Thipe.

Thipe beweer dat Raulinga nie respek vir hom het nie en dat sy besware telkens van die hand gewys is.

Raulinga sê hy is regverdig teenoor die staat en die verdediging sedert die hofsaak ses jaar gelede begin het.

LeandreAdmin@