Die appèlhof in Bloemfontein het gister die staat se aansoek toegestaan om verlof tot appèl in die Nulane-bedrogsaak.
Die agt beskuldigdes, wat die Gupta-broers, Athul en Rajeshj insluit, staan tereg op verskeie aanklagte van onder meer bedrog en geldwassery.
Netwerk24 skryf waarnemende regter Gloria Gusha, het vroeër bevind die staat kon nie die aanklagte bo redelike twyfel bewys nie.
Sy het al agt van alle aanklagte vrygespreek. Die saak behels ‘n beweerde gekonkel met ‘n lewensvatbaarheidstudie wat glo in 2011 ten bedrae van R24,9-miljoen
deur die Vrystaatse landboudepartement aan Nulane Investments toegeken is.
Nulane het die kontrak skynbaar teen R1,5-miljoen aan Deloitte uitgekontrakteer.