Die staat sê hy is slaggereed met “‘n sterk saak” teen adjunk-president Paul Mashatile se “Bloulig-agt”.
Die agt sekuriteitsbeamptes, het na bewering motoriste op 2 Julie op die N1-hoofweg naby Fourways in Johannesburg aangerand, terwyl hulle deel van Mashatile se konfooi was.
Mashatile hou egter vol hy was beslis nié op die misdaadtoneel nie.
Hy het vroeër in ‘n onderhoud met eNCA gesê hy het die eerste keer van die voorval bewus geword, toe hy plasings op sosialemedia gesien het.
Een van die 8 beskuldigdes het egter toe reeds in die hof gesê Mashatile was wél ten tyde van die beweerde voorval daar.
Die Randburgse landdroshof het vandag beslis al agt bly uit op borgtog van R10 000, totdat die verhoor op 6 Mei aanstaande jaar begin.