Die staat se pensioenfonds het ‘n nuwe beleggingsmandaat aan sy beleggingsbestuurder gegee na die omstredenheid waarin dié tipe beleggings die laaste jare gehul was. Netwerk24 berig die Openbare Beleggingskorporasie, die OBK, wat die pensioenfonds vir staatsamptenare, die GEPF, se geld bestuur, verskaf onder dié mandaat deur die Isibaya-fonds finansiering vir ontwikkelingsdoeleindes aan ongenoteerde ondernemings. Die nuwe ontwikkelings-beleggingsmandaat kom nadat ‘n kommissie van ondersoek die OBK in 2020 in sy verslag met sowat 308 bevindings en aanbevelings uitgereik het. Die kommissie het onder meer bevind dat die GEPF se mandaat oor ekonomiese ontwikkelingsdoelwitte nie altyd nagekom is nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×