Die staat se plan met die Nasionale Gesondheidsversekering sal ‘n R112-miljard tekort toon

Indien die Nasionale Gesondheidsversekering, oftewel NGV, ‘n werklikheid in 2026 word, sal ‘n tekort van minstens R112-miljard oor vyf jaar in die land se begroting ontstaan.

Netwerk 24 berig, die vakbond Solidariteit het gister met die uitreiking van die nuwe verslag oor die koste gepoog om steun te verwerf vir ‘n hofsaak teen die regering wat daaroor gebring gaan word.

Die NGV is Suid-Afrika se plan met universele gesondheidsorg.

Dit behels ‘n gesondheidsfinansieringstelsel wat ontwerp is om die geld wat aan gesondheid bestee word, saam te voeg om aan alle landsburgers dienste te lewer.

Mediese fondse sal ophou bestaan, en mediese versekering sal uitgeneem word vir aanvullende dienste wat die NGV nie dek nie.

Luister na potgooie hieronder